Select Page

Reebokkie Nuusbrief

4de Kwartaal – 2024

Lees die nuutste Kerkbode

Vakature: Finansiële Beampte

vanaf 1 Februarie 2025.

Lees meer

Vakature: Finansiële Beampte

Die NED GEREF GEMEENTE REEBOK het ‘n vakature besikbaar vir ‘n bekwame en toegewyde Finansiële Beampte om ons span te versterk, vanaf 1 Februarie 2025.

Pligte en Verantwoordelikhede:

  • Volledige boekhouding van die gemeente se finansies.
  • Opstel van die jaarlikse begroting en maandelikse finansiële verslae.
  • Voorbereiding van finansiële state vir jaarlikse oudit.
  • Kontrole van deponering van alle kerkgelde.
  • Hantering van kwitansies.
  • Kontrolering en betaling van alle rekeninge.
  • Instandhouding van die inventaris en bate-register.
  • Hantering van versekeringseise.
  • Hantering van alle finansiële aspekte van die gemeente.

Vereistes:

  • Rekeningkundige opleiding en toepaslike ervaring.
  • Goeie rekenaarvaardigheid in PASTEL, SAGE payroll, MS Excel, Word, Winkerk en Outlook.
  • Vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf.
  • Inisiatief en vermoë om in ‘n span te werk.
  • Goeie kommunikasievaardigheid in Afrikaans en Engels.
  • Lidmaat van een van die drie Susterskerke.
  • Moet onder druk kan werk en by sperdatums kan hou.

Vergoeding: Vergoeding sal geskied volgens die riglyne vir vergoeding van gemeentepersoneel.

Aansoeke: Rig asseblief skriftelike aansoeke per e-pos voor of op 15 November 2024 aan:

Die Voorsitter Diensverhoudinge, Ben Brink – admin@ngkreebok.co.za

Navrae: Martina van den Berg, 044 696 6685

 

NG Kerk Reebok - Facebook bladsy

Facebook Posts

6 days ago

NG Kerk Reebok
View on Facebook

6 days ago

NG Kerk Reebok
View on Facebook

6 days ago

NG Kerk Reebok
NG Kerk Reebok het Sondag, 2 Februarie 2025, met 'n nuwe reeks begin. Die reeks fokus op die "EK IS" uitsprake van Jesus.Die laaste uitspraak van die reeks is Sondag, 16 Maart 2025 en die erediens skriflesing is: Johannes Joh. 15: 1-8. Die tema is “Ek is die ware wingerdstok”. Die YouTube Video skakel vir 16 Maart 2025 om 08:00 is: youtube.com/live/_9fq37hxQoo?feature=share ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 weeks ago

NG Kerk Reebok
Op Donderdag 6 Maart het al die nuwe intrekkers by die NG Kerk Reebok ’n kenmekaar geleentheid bygewoon. Vreemdes het vriende geword. Vriende het deel van die gemeente geword en so kry die gemeente weer ’n klomp nuwe gawes wat tot die uitbreiding van God se koningkryk gebruik kan word. Ons is voorwaar geseënd. Almal het aandagtig geluister na dit waarmee die gemeente besig is en waar die nuwe lidmate dalk betrokke kan raak. Daarna het almal lekker gesellig saam gekuier. Dankie aan almal wat gehelp het met die reëlings. ... See MoreSee Less
View on Facebook

2 weeks ago

NG Kerk Reebok
Op Saterdag 1 Maart het die Mannebiediening van die NG Kerk Reebok hulle eerste byeenkoms van die jaar gehad. 63 manne het ’n heerlike ontbyt saam met die bekende Koos van der Merwe, ons gaskunstenaar geniet. Daarna het Koos die manne betower met sy storievertelling, gitaarspel en sang. Hy sluit af met die bekende lied “Die Houtkruis.” Die oggend het snel verbygegaan maar die manne het dit baie geniet en lekker daarna saamgekuier met ’n koppie koffie in die hand. Dankie aan almal wat van die geleentheid ’n sukses gemaak het. Tot ’n volgende keer. ... See MoreSee Less
View on Facebook

NG Kerk Reebok Argiewe

Jakobus van Zyl – Nuusbrief vir Junie 2024

Jakobus van Zyl – Nuusbrief vir Junie 2024

Jakobus van Zyl - Junie 2024 Before returning to Lebanon in March, I knew these eight months would have repetitive stretches. I adopted a mindset to recognize these times and not worry about lacking excitement because they are temporary. "It's crucial to self-analyze...

Die kerkraad hou dinkskrum by Leeukloof Lapa

Die kerkraad hou dinkskrum by Leeukloof Lapa

Die kerkraad en etlike van die bedieningsleiers het vandag ’n uiters geslaagde dinkskrum gehad by die Leeukloof Lapa.  Samesprekings en deelname was spontaan en het in diepe afhanklikheid van die Heilige Gees plaasgevind.  Ons het evauluerend besin oor die goeie wat...

Vespas het geld ingesamel

Vespas het geld ingesamel

Gert van Rooyen oorhandig R6000 aan Chantall de Bruin en Elmarie Kannemeyer van The Haven nagskuiling in Mosselbaai. Gert en sy sangmaat, Hannes Ingram, bekend as die Vespas het die Vespas ingesamel met hulle konsert verlede Vrydag.    

NG KERK SPREEK HOM UIT TEEN VREEMDELINGEHAAT

Die NG Kerk het die afgelope paar dae met hartseer kennis geneem van talle gevalle van hoe diekwesbaarste mense in ons samelewing; vroue, kinders en migrante uit buurlande, aan die uiterstevorm van geweld blootgestel is. Die vreemdelingehaat, plundering van eiendom en...

GEWELD IN DIE SUID- AFRIKAANSE SAMELEWING

DIE NG KERK DRING AAN OP AKSIE TEN OPSIGTE VAN DIE KULTUUR VAN GEWELD IN DIE SUID- AFRIKAANSE SAMELEWING Die NG Kerk is diep bewus van die kompleksiteit van misdaad en geweld in Suid-Afrika. Internasionaal is dit aan die toeneem en Suid Afrika deel in hierdie tendens....