Gebeure & Nuus
SENIOR JEUG BIED AAN
Lees meer
SENIOR JEUG BIED AAN:
Michael Lindt
28 November 2025 om 18:00
Reebok Kerksaal.
Prys R1440 per tafel – R180 per persoon.
Vingerete en nagereg (bring u eie drinkgoed)
Kom bespreek ‘n tafel (as gasvrou/heer) en kry dan vir jou 7 gaste om jou tafel vol te maak.
U betaal die R1440.00 per tafel by die kerkkantoor in wanneer die tafel vol is.
Ondersteun asseblief hierdie fondsinsamelingsprojek van die Senior Jeug.
Die Jeug se SPCA uitreik vind op Sondag 26 Oktober 2025 plaas.
Indien u dalk nog ‘n kombers, handdoek of kussing wil skenk.
GEMEENTE-GHOLFDAG
Borge
GEMEENTE-GHOLFDAG
GEMEENTE-GHOLFDAG – 21 AUGUSTUS 2025
Die jaarlikse gholfdag het Donderdag, 21 Augustus 2025 by die die George Buiteklub plaas gevind. Die formaat was ‘n “4-bal-betterbal Stableford-kompetisie” met spog- pryse wat gewen was. Ons gholfdag was vanjaar weer ‘n reuse sukses. Dankie aan al ons borge. Vir navrae kontak vir Frederick Wagenaar (0832640283).
MUNTE VIR BYBELVERSPREIDING
Lees meer
Reebok Gemeente se munteversameling sorg vir Bybelverspreiding wyd en syd!
Ons versprei jaarliks Bybels in die Noordwes Kalahari (Rietfontein, Mier 1 en Mier 2). Ons Bybels gaan ook na die Noordwes Provinsie en word aan werkers oorhandig. Ons versprei ook plaaslike Bybels tussen ons bouers in die area.
U munte-bydrae kan in die kollekte-kassie op die tafel in die voorportaal geplaas word of in die kerkkantoor afgegee word. Baie dankie vir u bydrae!!
Stuur vir ons gebeure
As u enige gebeure met betrekking tot ons kerk hier wil plaas kan u vir Martina by die kerk kantoor kontak.
SUID-SOEDAN PADKAFEE
Die jaarlikse Suid-Soedan-Padkafee vind DV Vrydag, 19 Desember 2025 vanaf 11:00 in die kerksaal plaas. By die deure en op die tafel in die voorportaal inkopiesakke. Op die inkopiesakke word daar drie bestanddele aangedui waarmee kleinkoekies of pannekoek gebak kan word vir die padkafee. Neem asseblief die sak en lewer die sak met die bestanddele so spoedig moontlik by die kerkkantoor af. Dankie, vir u ondersteuning.
JACOBUS VAN ZYL
Jacobus van Zyl se boek “Consecrated for a Conflict Zone” is beskikbaar in die kerkkantoor teen R100.00 per boek.
SEËN 'N KIND
Lees meer
POWERTOWN CRECHE hou einde Maart ’n verkoping (in die vorm van ‘n “car boot sale”) in die Powertown gemeenskap.
Ons daag ons gemeentelede uit om klere, sportartikels, kinderspeelgoed, ens. wat nie meer in jou huis gebruik word nie, te skenk vir hergebruik aan hulp-behoewende huishoudings. Artikels gaan teen minimale bedrag verkoop word
en die inkomste hieruit gaan vir die KINDERS se behoeftes aangewend word.
Kom raak betrokke!! Bring jou ongebruikte artikels vir ons en SEËN ‘N KIND.