Gebeure & Nuus
BYBELSTUDIE-GROEPE IN REEBOK GEMEENTE
Lees meer
BYBELSTUDIE-GROEPE IN REEBOK GEMEENTE
Die volgende groepe kom op gereelde tye bymekaar. Lidmate is welkom om in te skakel.
WOENSDAGOGGEND:
08:00 Mannegroep vergader in die Reebok Gemeentesentrum (Navrae: Martin Marx kontaknommer 082 416 7914)
09:30 Dames vergader in die Reebok Kerksaal Navrae: (Elize Nel kontaknommer 083 564 8292)
09:30 Dames vergader in die Kinderkerk-lokaal (Navrae: Ria Lourens kontaknommer 082 828 6525)
09:30 Dames vergader in die Moederskamer (Navrae: Carina Erasmus kontaknommer 084 419 0155)
09:30 Dames vergader in die Konsistorie (Navrae: Hanlie Bassett kontaknommer 082 721 7624)
10:00 Dames vergader aan huis van Lydia Gillmer, Da Gama 15. (Navrae: Helena Adams Kontaknommer 083 616 1783)
WOENSDAGMIDDAG:
14:30 Dames vergader in die Reebok Gemeentesentrum (Navrae: Poppie Human kontaknommer 084 778 0490)
WOENSDAGAAND GEBEDSGELEENTHEID
18:00 Mans en Dames in die Reebok Gemeentesentrum (Navrae: Martin Marx kontaknommer 082 416 7914)
Kleinkoekies te koop
R60 per 500g
NG Kerk Reebok
SUID-SOEDAN PADKAFEE
Dankie vir almal se onderdersteuning met ons jaarlikse Suid-Soedan-Padkafee wat plaas gevind het 19 Desember 2025.
JACOBUS VAN ZYL
Jacobus van Zyl se boek “Consecrated for a Conflict Zone” is beskikbaar in die kerkkantoor teen R100.00 per boek.
SEËN 'N KIND
Lees meer
POWERTOWN CRECHE hou einde Maart ’n verkoping (in die vorm van ‘n “car boot sale”) in die Powertown gemeenskap.
Ons daag ons gemeentelede uit om klere, sportartikels, kinderspeelgoed, ens. wat nie meer in jou huis gebruik word nie, te skenk vir hergebruik aan hulp-behoewende huishoudings. Artikels gaan teen minimale bedrag verkoop word
en die inkomste hieruit gaan vir die KINDERS se behoeftes aangewend word.
Kom raak betrokke!! Bring jou ongebruikte artikels vir ons en SEËN ‘N KIND.
MUNTE VIR BYBELVERSPREIDING
Lees meer
Reebok Gemeente se munteversameling sorg vir Bybelverspreiding wyd en syd!
Ons versprei jaarliks Bybels in die Noordwes Kalahari (Rietfontein, Mier 1 en Mier 2). Ons Bybels gaan ook na die Noordwes Provinsie en word aan werkers oorhandig. Ons versprei ook plaaslike Bybels tussen ons bouers in die area.
U munte-bydrae kan in die kollekte-kassie op die tafel in die voorportaal geplaas word of in die kerkkantoor afgegee word. Baie dankie vir u bydrae!!
Stuur vir ons gebeure
As u enige gebeure met betrekking tot ons kerk hier wil plaas kan u vir Martina by die kerk kantoor kontak.
Dankie aan ons borge
GEMEENTE-GHOLFDAG
Borge
GEMEENTE-GHOLFDAG
GEMEENTE-GHOLFDAG – 21 AUGUSTUS 2025
Die jaarlikse gholfdag het Donderdag, 21 Augustus 2025 by die die George Buiteklub plaas gevind. Die formaat was ‘n “4-bal-betterbal Stableford-kompetisie” met spog- pryse wat gewen was. Ons gholfdag was vanjaar weer ‘n reuse sukses. Dankie aan al ons borge. Vir navrae kontak vir Frederick Wagenaar (0832640283).