VANDAG SE PROGRAM
Tweede Sondag in Lydenstyd
Erediens: Dr Kobus van Zyl
SPESIALE DEUROFFER: Gemeente Ontwikkelingsfonds
GEWONE KOLLEKTE, MAANDELIKSE-BYDRAES- EN DEUROFFERS Lidmate word herinner aan die houer wat elke Maandag, Woensdag en Vrydag tussen 08:00 en 12:00 by die kantoor beskikbaar is. U kan u koevert (gemerk vir watter doel dit aangewend moet word) in die houer plaas. Ons sal op die aankondigings melding maak vir watter deuroffer u ʼn bydrae kan maak. Die deuroffer vir hierdie Sondag gaan vir ons eie Gemeente se Ontwikkelingfods. |
PROGRAM VIR DIE WEEK
WOENSDAG, 3 MAART 2021
18:00 Gebedsgeleentheid in die Gemeentesentrum. Almal is baie hartlik welkom!
VRYDAG, 5 MAART 2021
10:00 Wêreldbiddag vir Vroue (mans is baie welkom)
Die land wat ons gaan verteenwoordig is VANUATU en die Tema is: ’n Lewe gebou op ’n vaste rots.” Petronel Baard gaan ons gaskunstenaar wees.
Alle grendeltyd protokol sal gevolg word.
¯¯¯¯¯¯¯¯¯¯
SONDAG, 7 MAART 2021
Derde Sondag in Lydentyd
Belydenisaflegging
09:30 Erediens: Ds Chris de Wet
Die erediens kan onder die huidige inperkingsmaatreëls deur 50 persone binne-in die kerkgebou bygewoon word, en daar word vir nog 100 persone voorsiening gemaak op die stoep van die kerkgebou, aan die Impalalaan-kant van die gebou.
Kinderkerk en Kategese begin DV Sondag, 7 Maart.
Katkisante en hulle ouers bly na die erediens in die kerkgebou agter vir die opening van die Kategesejaar. Vanaf volgende Sondag, 14 Maart sal die Junior Kategese (Gr. 1 – Gr. 6) om 09:30-10:30 in die Gemeentesentrum gehou word, terwyl die erediens in die kerkgebou gehou word. Ouers kan hulle kinders by die Gemeentesentrum aflaai en na die erediens weer oplaai.
SPESIALE DEUROFFER: Bybelgenootskap
Die volgende jongmense gaan DV Sondag, 7 Maart 2021, tydens die erediens belydenis van hulle geloof aflê. Kom ons bid vir elkeen van hierdie jongmense dat hulle getroue navolgers van Jesus sal wees: Megan Jane Botha, Christine de Waal, Wihan Ferreira, George Eduard Jordaan, Mia Aletta Lamprecht, Corné Meyer en Rikus Schoeman.