Die getuieniskommissie skenk elke jaar aan die SAP Grootbrak n bedrag geld van die fondse begroot vir die trauma afdeling. Sr Connie en Sr Trudie het hulle besoek en het toe van Irma se kleuterskool ook 2 sakke vol sagte speelgoed gekry vir die trauma afdeling. Sy het die skenkings van Switserland ontvang en al voorwaarde wat hulle gevra het is fotos aan wie dit sou gaan. So ons het fotos geneem saam met konstabel Marais en ook fotos geneem van die trauma kamer saam met Trudie se kleindogter Sume. Switserland het terugvoering baie waardeer want hulle kon toe aan al die mense wat die speelgoed geskenk het ook terugvoering gee. Die SAP het hulle dankbaarheid uit gespreek teenoor Reebok se gemeente en dit hoog op prys gestel.