NGKReebok logo

Die plaaskombuis onder leiding van Tonny Griessel en haar span, het Vrydag 24 Februarie, 'n Damestee gereel om  fondse te genereer vir aankope vir die braaivleisetes tydens ons Kermis 31 Maart. Ds. Gerhard van Dyk het die verrigtinge met skriflesing en gebed ge-open. Agnita Els was programaankondiger en sy en Zita Smidt het pragtige sangduette gelewer. Susan Muller het uit Hartstories vir ons voorgelees. Guido Brits het ons ingelig oor die gebruik van kruie in velsorgmiddels en voedselaanvullers. Lorraine van Zyl van Groot-Brakrivier het gedemonstreer hoe om ,n Tussy-Mussy (vars kruieruikertjie) saam te stel. Dalene Cloete het ons oor lyftaal ingelig en die gehoor laat skaterlag! Mariette Pieterse was die gelukkige dame om 'n heerlike sjokolade koek te wen. Baie dankie aan die gasvrouens vir keurige tafels en heerlike versnapperinge.

Druk op 'n foto om 'n groter weergawe te sien.

  • DSCF1510
  • DSCF1511
  • DSCF1512
  • DSCF1513
  • DSCF1514
  • DSCF1515
  • DSCF1517
  • DSCF1518
  • DSCF1519
  • DSCF1521
  • DSCF1522
  • DSCF1523
  • DSCF1524
  • DSCF1525
  • DSCF1527
  • DSCF1528
  • DSCF1529
  • DSCF1530
  • DSCF1532
  • DSCF1535
  • DSCF1536
  • DSCF1537
  • DSCF1539
  • DSCF1540
  • DSCF1542
  • DSCF1545